GBV-skuilings is almal toe…
Nie een van die regering se agt skuilings vir slagoffers van geslagsgebaseerde geweld regoor die land is in werking nie. Dit is glo as gevolg van ‘n gebrek aan personeel. Minstens 32 persent van Namibiese vroue het op ‘n stadium in hul lewens fisieke geweld van ‘n intieme maat ervaar, terwyl daar gedurende 2022 byna 700 verkragtingsake aangeteken is, met ‘n buite verhouding hoë impak op vroue en meisies. ‘n Parlementslid van die Landless People’s Movement, Utaara Mootu, sê dat sy ‘n mosie in die parlement sal indien om die gebrek aan skuilings in die Omaheke-streek aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het met Mootu gepraat oor wat haar bekommernisse is.
Leave a Reply