Geen boot, geen visvangkwota: McHenry Venaani
Die leier van die amptelike opposisie PDM, McHenry Venaani, het oor die naweek meer as 1 300 vissermanne by samesprekings betrek. Volgens Venaani kla hulle bitterlik oor hul lot in Walvisbaai en dat die visbedryf deur kartelle en korrupsie-neigings geskend word. Die vissermanne eis ‘n nuwe ewewig wat ‘n wen-wen-scenario vir almal in die bedryf sal verseker. Venaani het aan die vissermanne gesê as visvang-maatskappye nie bote het nie, moet hulle nie viskwotas kry nie.
Leave a Reply