Geen ID, geen voedselhulp
Plaaslike berigte lui dat lede van die Waya-Waya San gemeenskap in die Zambezi-streek sê hulle kan nie voedselhulp wat as gevolg van die droogte versprei word, bekom nie omdat hulle nie nasionale dokumente het nie. Die gemeenskap, wat in die Sibinda-kiesafdeling, ongeveer 22 kilometer wes van Katima Mulilo woon, sê sonder ‘n ID kan hulle nie kos kry nie terwyl ander sê hulle kry nie die standaard 10 kilogram mieliemeel per maand per huishouding maar eerder minder as helfte daarvan. Die voedselpakkies word ook net elke drie maande afgelaai. Die tekort aan nasionale dokumente is reeds jare lank ‘n uitdaging onder veral lede van die San gemeenskap. Daar was ook onlangs berigte vanuit Kunene dat lede van die gemeenskappe self hul voedselpakkies op Opuwo moet gaan haal omdat daar nie voertuie is nie. Vir sommige gemeenskappe kos die vervoer rondom 400 dollar – vir huishoudings wat staatmaak op voeselhulp.
Leave a Reply