Geen verrassing soos Novak 7de ATP-titel verower
Die wêreld-nommer-een Novak Djokovic het nog ‘n rekord laat spat met ʼn sewende titel by die ATP-jaareindtoernooi. Hy het die gashere se tuisgunsteling Jannik Sinner in Turyn, Italië, geklop. Die Serwiër wat in die groep-fase teen die Italianer verloor het, het binne een-uur en 43-minute met 6-3 en 6-3 wraak geneem. Hierdie oorwinning beteken die 36-jarige speler sluit sy jaar af met oorwinnings in drie van die vier Grand Slams en vir die eerste keer sedert 2016 ‘n totaal van sewe titels in een kalenderjaar. Djokovic sê dit was weereens spesiaal om hierdie toernooi te wen:
Leave a Reply