‘Geestesongestelde’ pasiënt beseer glo ander pasiënt ernstig
Die polisie in die Oshikoto-streek ondersoek ‘n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat ’n pasiënt na bewering deur ‘n ander pasiënt by die Omuthiya-hospitaal aangeval is. Die voorval het glo op 29 Desember plaasgevind, maar is eers onlangs by die polisie aangemeld. Die Oshikoto-streekbevelvoerder, Teopolina Kalompo-Nashikaku, sê die slagoffer was in die bed toe hy met ‘n ysterstaaf aangerand is. Hy is verskeie kere oor die kop geslaan en het ernstige beserings opgedoen, waarna hy na die Oshakati-staatshospitaal oorgeplaas is. Die verdagte is na bewering ‘n pasiënt wat aan geestesongesteldheid ly.
Leave a Reply