Geldwassery-klag teen Gaboen se presidentsvrou
Die vrou van Gaboen se afgesette president Ali Bongo Ondimba is aangekla van geldwassery en ander oortredings Die staatsaanklaer sê Sylvia Bongo Ondimba Valentin is reeds Donderdag formeel aangekla en haar huisarres, sedert die staatsgreep op 30 Augustus, is gehandhaaf. Die egpaar se seun, Noureddin Bongo Valentin, is reeds saam met verskeie voormalige kabinetslede en twee oudministers van korrupsie en verduistering van openbare fondse ook aangekla.
Leave a Reply