Gemeenskappe gaan baat met werksgeleenthede by Daures-groenwaterstofprojek
Die Groenwaterstof-kommissaris, James Mnyupe, het by die Omgewingsbeleggingsfonds se ‘n konferensie oor klimaatsverandering bevestig alle Namibiërs sal die voordele van die groenwaterstof-projek geniet, soos uiteengesit in die sosio-ekonomiese ontwikkelingsraamwerk. Die uitvoerende hoof van die Daures-groenwaterstof-projek, Jerome Namaseb beaam dit en sê dit is reeds duidelik in hierdie projek. Die Daures-projek beplan om tonne groenwaterstof en ammoniak te produseer. Namaseb sê volgens die huidige projek-struktuur sal plaaslike gemeenskappe voordele trek uit werksgeleenthede vir die konstruksieprojek.
Leave a Reply