Gemeenskappe nie in ag geneem met ReconAfrica
Die Economic en Social Justice Trust het namens die kommunale bewaringsgebiede en gemeenskapswoude gereageer op die groenlig wat die Kanadase olie- en gas-reus ReconAfrica van die omgewingsministerie gekry het om nog 12 boorgate in die noordooste van Namibië te boor. Die omgewingskommissaris het die omgewingsklaringsertifikaat uitgereik wat die lisensie goedgekeur het van 4 Julie vanjaar tot 4 Julie 2026. Kritiek is teen die omgewingsministerie uitgespreek omdat die teenkanting van plaaslike gemeenskappe nie in ag geneem is nie. Die woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda het bevestig dat ‘n verklaring vandag uitgereik sal word. Kosmos 94.1 Nuus het met Rob Parker van die trust gepraat…
Leave a Reply