Gesondheid kry ook motor-geld, sal N$24m aan ambulanse bestee
Namibië se regering het sy voorneme om vir vyf jaar nie voertuie aan te koop nie, oorboord gegooi. Volgens die Tender Bulletin is die begroting vir nuwe wiele met 285 persent verhoog tot ‘n sewe jaar hoogtepunt van 210 miljoen Namibiese dollar in die huidige begrotingsjaar. Een van die ministeries is die gesondheidsministerie wat beplan om sy benarde ambulans-vloot te vervang en aan te vul, veral in landelike gebiede waar ‘n groot tekort is. Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur in die ministerie sê die begroting vir ambulans-aankope vir die huidige boekjaar is 24 miljoen Namibiese dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met Marshal Ranger Sean Naude gesels oor die swak toestand van die staat se ambulanse.
Leave a Reply