Gevaarlike gevangene ontsnap tydens hospitaalbesoek
Die Namibiese Korrektiewe Dienste het die ontsnapping van ‘n gevaarlike gevangene Isak Alfeus uit die Windhoek Sentrale Hospitaal vroeër vandag bevestig. Hy is hospitaal toe geneem vir ‘n sonar. Alfeus is in die Omaruru-landdroshof tot 38 jaar gevonnis vir drie aanklagte van verkragting en huisbraak met verswarende omstandighede. Lede van die publiek word gemaan om versigtig te wees en hulle moet eerder die polisie ontbied as hulle hom gewaar. Kommissaris Salmi Hangula van die Windhoekse korrektiewe fasiliteit het met Kosmos 94.1 Nuus gesels….
Leave a Reply