Gevaarlike Oshakati-honde van kant gemaak
Staatsveearts Herman Nelson het bevestig dat die honde wat verantwoordelik was vir ‘n noodlottige aanval Sondag op ‘n man in Oshakati van kant gemaak is. Die honde het nog ‘n man erg beseer in ‘n ander aanval Maandagoggend. Nelson sê die honde was ‘n wolfhond-Rottweiler kruis, en nie Pitbulls soos aanvanklik berig is nie. Hy het verduidelik dat die besluit om die honde uit te sit geneem is weens die bedreiging wat hulle vir openbare veiligheid inhou.
Leave a Reply