Gevangenes beleef waterpokkies…
Waterpokkies het uitgebreek in die afdeling vir verhoor afwagtende gevangenes in die Windhoek-fasiliteit. Die eenheid is onder kwarantyn. Kommissaris Veikko Armas, die hoof van die fasiliteit, het aangedui dat die uitbreking sowat ‘n maand gelede begin het toe een van die gevangenes met die siekte gediagnoseer is. Die gevangene het heeltemal herstel na mediese ingryping. Die kommissaris het egter gesê sowat twee weke later het ‘n ander gevangene die siekte opgedoen en na 12 ander gevangenes uit ‘n bevolking van 101 versprei. Hy sê dat die uitbreking onder beheer is. Die kwarantyn sal tot Vrydag voortduur terwyl hulle die situasie monitor. Hy het verder gesê die eenheid en die beddegoed van die 101 gevangenes in dié afdeling is ontsmet om die verdere verspreiding van die siekte te bekamp.
Leave a Reply