Goagoses prys hantering van begroting
Die adjunk-minister van stedelike- en landelike ontwikkeling, Natalia Goagoses, het in die Nasionale Vergadering Namibië se hantering van sy begroting geprys. Sy sê die land doen heelwat beter as baie van sy buurlande, veral omdat daar nie oorbestee word nie. Goagoses ondersteun ook die middeltermynbegroting, wat operasionele uitgawes se aandeel met 10 persent verhoog het in vergelyking met verlede jaar, na 60 miljard Namibiese dollar.
Leave a Reply