GOOD sê Winde fouteer met sy aanstellings
Die GOOD Party sê hy is teleurgesteld dat die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, voortgaan om die aanstelling van verdagte amptenare en kontrakteurs te verdedig, terwyl hy die stadige pas van strafregtelike vervolging blameer. Carlos Mesquita van GOOD verwys onder meer na die jongste aanstelling van Marissa Moore, in die premier se administrasie, bloot omdat sy nog nie skuldig bevind is aan staatskaping, waarby sy betrek word nie. Mesquita sê, dit is presies hoe Winde die provinsiale regering gemotiveer het, nadat ‘n tender van 282 miljoen Suid-Afrikaanse rand toegestaan is aan die staatskapings-koning Roy Moodley se Royal Security.
Leave a Reply