Graad 4-meisie, 16, verkrag
Die Namibiese polisie op Mururani het ‘n verkragting aangemeld. Volgens die mag het die insident na bewering Saterdag by die nedersetting in die Kavango Wes-streek plaasgevind. Die slagoffer is 16 jaar oud en is ‘n graad 4 leerling. Die verdagte, ‘n 29-jarige Namibiër, is blykbaar baie bekend in die gebied. Hy is agter tralies en sal die week in die laerhof op Rundu verskyn.
Leave a Reply