Gretha Thunberg skiet COP28-ooreenkoms af
Die COP 28-klimaatooreenkoms wat met groot fanfare in Dubai bereik is, is ‘n mes in die rug vir die nasies wat die meeste deur aardverwarming geraak word en sal nie keer dat temperature bo kritieke vlakke styg nie, sê die aktivis Greta Thunberg. Byna 200 lande het by die beraad ooreengekom om die verbruik van fossielbrandstof te begin verminder en ‘n reeks maatreëls aan te neem om die ergste gevolge van klimaatsverandering te voorkom. Die ooreenkoms is tandeloos en is nie naby voldoende om die wêreld binne die 1,5 grade Celsius-limiet te hou nie, het Thunberg gesê buite Swede se parlement, waar sy en ‘n handvol ander betogers vir klimaatsgeregtigheid gevra het.
Leave a Reply