Groenwaterstof-program beplan nog ‘n aanleg
Die Namibië Groenwaterstof-program se span werk hard saam met verskeie rolspelers om nog ‘n groenwaterstof- en ammoniak produksie-aanleg te vestig. Die hoof van die tegniese en konstruksie-afdeling by die Groenwaterstof-program, Theopolina Kapani, sê hulle is besig met voor-uitvoerbaarheidstudies vir nog ‘n aanleg in die Suide. Daar is tans 5 projekte op die program se webwerf gelys. Kapani beklemtoon dat navorsing nog gedoen word vir ‘n geskikte terrein vir die nuwe aanleg.