Grond gebreek vir 40MW Otjikoto biomassakragstasie

Home Uncategorized Grond gebreek vir 40MW Otjikoto biomassakragstasie
Grond gebreek vir 40MW Otjikoto biomassakragstasie

Grond gebreek vir 40MW Otjikoto biomassakragstasie

NamPower en belanghebbendes het Vrydag grond gebreek vir Namibië se eerste 40 megawatt Otjikoto-biomassakragstasie by Tsumeb. Die kragstasie gaan na verwagting twee en ‘n half jaar neem om te voltooi. NamPower se besturende direkteur, Simson Haulofu, het by die geleentheid gesê die projek sal nie net elektrisiteit opwek nie, maar ook werk skep en verskeie ander sektore bevoordeel. Hy sê dit sal groei en welvaart na die Oshikoto- en Otjozondjupa-streke sowel as omliggende gemeenskappe bring. Haulofu is aan die woord.

source