Groot aantal diere dood in Simonstad-brand
Talle diere is dood en verjaag in die veldbrand wat Dinsdag op Simonstad in Kaapstad se berghange uitgebreek en later na Glencairn versprei het. Die brand is nou geblus. Terwyl meer as negentig huishoudings uit die gebied ontruim is, het die Kaap die Goeie Hoop Dierebeskermingsvereniging hard gesoek na diere wat gered moes word. Dierewelsynsorganisasies sê hulle is “verpletter” deur die aantal dooie diere wat ná die brand gevind is. ’n Handvol marmotjies, katte en honde is gered en na die DBV geneem vir mediese behandeling.
Leave a Reply