Groot Hollywood-name dra by tot fonds vir stakende akteurs
Bekendes soos George Clooney, Meryl Streep, Oprah Winfrey, Julia Roberts, Dwyane Johnson, Leonardo DiCaprio en Jennifer Lopez, het aansienlike skenkings aan die Screen Actors Guild-American Federation of Television and Radio Artists se noodfonds gemaak. Dit is te midde van akteurs se voortgesette staking oor beter betaal- en werksomstandighede. Meer as 280 miljoen Namibiese dollar is ingesamel, wat bystand sal verleen aan akteurs wat ekonomiese ontberinge in die gesig staar as gevolg van die voortslepende staking.
Leave a Reply