Groot kommer oor ‘stil’ Russiese aansoek vir uraanmyn

Home Uncategorized Groot kommer oor ‘stil’ Russiese aansoek vir uraanmyn
Groot kommer oor ‘stil’ Russiese aansoek vir uraanmyn


Groot kommer oor ‘stil’ Russiese aansoek vir uraanmyn

Die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, of Sauma, se lede is bekommerd sedert hulle per toeval uitgevind het dat ‘n omgewingsimpakstudie vir in situ loging van uraan vir ‘n proefaanleg op die plaas Tripoli, op die webwerf van die omgewingsministerie gelaai is. Nie die belanghebbendes of geraakte partye is in kennis gestel dat die dokumente ingedien is nie. As die ministerie die studie aanvaar, sal ‘n omgewingsklaringsertifikaat uitgereik word en toetsmynbou kan begin – wat beteken dat swaelsuur in die grondwaterakwifer gebruik kan word. Die akwifer verskaf drinkwater aan die gebied. Kosmos 94.1 Nuus het met Divan Opperman, voorsitter van Sauma, gesels oor hul bekommernisse.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.