Groot maasbanker-kwota nou beskikbaar
Die finans- en visserye-ministeries rig ‘n gesamentlike uitnodiging aan bieërs om te bie op ‘n kwota van 26 384 metrieke ton maasbanker. Luidens ‘n plasing in plaaslike media, moet alle aanbiedinge teen 1 Maart om tien-uur die oggend by die finansministerie ingedien wees. Oorsese aanbiedinge kan aanlyn gedoen word. Die ministeries sê 1 000 Namibiese dollar is as administratiewe fooi betaalbaar. Bie-dokumente kan by die ministerie se webtuiste bekom word.
Leave a Reply