Groot oorwinning vir renosters, bewaringsgebiede

Home Uncategorized Groot oorwinning vir renosters, bewaringsgebiede
Groot oorwinning vir renosters, bewaringsgebiede

Groot oorwinning vir renosters, bewaringsgebiede

Die verbod op mynaktiwiteite in die verre noordweste word as ‘n reuse-oorwinning vir bewaringsgebiede in die gebied gesien. Die Doro !Nawas en Uibasen Twyfelfontein bewaringsgebiede het, saam met ander aansoekers, ‘n dringende aansoek voor regter Orben Sibeya gebring en sê die aktiwiteite bedreig die renoster bevolking. Sibeya sê alle bedrywighede moet teen die einde van die week gestaak word. Otillie Ndimulunde en ‘n amptenaar in die verdedigingsministerie Timoteus Mashuna, wat ook ‘n mynlisensie het, sal op 27 September Sibeya se finale beslissing ontvang. Die aansoekers sê daar sal ‘n toename in stropery wees. 

source