Gyselaars sterf tydens Israeli lugaanvalle, sê Hamas
Hamas sê 13 gyselaars het gesterf toe Israeliese magte lugaanvalle op die Gazastrook uitgevoer het. Die militantegroep se gewapende vleuel sê die slagoffers, insluitend buitelanders, het gesterf toe Israeliese vegvliegtuie vyf plekke geteiken het. Israel het vroeër gesê Hamas het 150 mense gyselaar geneem tydens Saterdag se verrassende inval in Israeliese gebied. Dit sluit veiligheidsmagpersoneel sowel as burgerlikes in. Die dodetal aan beide kante is byna drie-duisend, met Hamas wat sê sowat 500 kinders is in Gasa dood.
Leave a Reply