Hage sing Swapo se lofliedere in Brussel
President Hage Geingob, vergesel deur die internasionale betrekkinge-minister, Netumbo Nandi-Ndaitwah, en Namibië se ambassadeur in die Europese Unie, dr. Mekondjo Kaapanda-Girnus, het ‘n bilaterale vergadering gehou in Brussel met Jutta Urpilainen, EU-kommissaris vir internasionale vennootskappe. Hy het herhaal dat die regering toegang tot onderwys verhoog het, wat daartoe gelei het dat al hoe meer jongmense kwalifikasies in verskeie velde verwerf het. President Geingob sê Namibië is gereed om die ooreenkoms oor volhoubare grondstofwaardekettings en hernubare waterstof, wat in 2022 aangegaan is, te implementeer.
Leave a Reply