Haïti se krisis en geweld verdiep
Minstens 12 mense is dood in die jongste vlaag geweld in Haïti nadat gewapende bendes amok gemaak het in twee gegoede buurte in die hoofstad, Port-au-Prince. Gewapende mans het huise in die gemeenskappe van Laboule en Thomassin geplunder en inwoners gedwing om te vlug. Die Karibiese nasie bly lamgelê deur toenemende bendegeweld en politieke onbestendigheid. Bendes beheer nou 80-persent van die hoofstad. Unicef se uitvoerende direkteur, Catherine Russell, beskryf die situasie in Haïti as afgryslik:
Leave a Reply