Hamas moenie Gaza beheer: Blinken
Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê Gaza kan nie langer deur Hamas beheer word nie, aangesien dit tot ‘n herhaling sal lei van die 7 Oktober-aanval in Israel. Hy het aan die einde van ‘n G-7-vergadering van ministers van Buitelandse Sake by die Withuis gepraat. Sommige Israeliese politici het gepraat oor die volle herbesetting van die Gaza-strook, wat in 2005 eensydig deur Israel verlaat is. Blinken sê dis egter ook duidelik dat Israel Gaza nie nou of ná die oorlog kan beset nie.
Leave a Reply