Helao Nafidi ‘verloor’ miljoene

Home Uncategorized Helao Nafidi ‘verloor’ miljoene
Helao Nafidi ‘verloor’ miljoene

Helao Nafidi ‘verloor’ miljoene

Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke het nog ‘n nadelige ouditopinie uitgespreek, die keer oor die boeke van Helao Nafidi. Kandjeke sê die dorpsraad kan nie ondersteunende dokumente vir 17 miljoen Namibiese dollar voorsien nie en in verband met die kapitaal ontwikkelingsfonds, is daar ‘n verskil van 7,7 miljoen dollar waarvoor geen antwoorde gegee kan word nie. Die oudit handel oor die 2019/20 boekjaar. Die dorpsraad het ook nie sy beskikbare grond in die bate-register ingesluit of verklaar nie. Jaar op jaar kry die groter meerderheid dorpsrade en streeksrade nadelige ouditopinies maar, daar blyk om geen aanspreeklikheid te wees nie. Kenners meen die grootste uitdaging is die feit dat die ampsdraers ingestem word en nie die nodige vaardighede het nie. 

source

Leave a Reply

Your email address will not be published.