Heldedag-herdenking kos 4 keer meer as begroot
Meer inligting is bekend oor die mislukte Heldedag-vieringe wat ter elfder uur na Windhoek verskuif is. Daar is aan die begin 550 000 Namibiese dollar vir die geleentheid begroot, wat eers by Omuthiya gehou sou wees maar na Windhoek verskuif is, blykbaar oor uitdagings met die besoek van die Kubaanse president se straler. Daar is uiteindelik meer as 2 miljoen dollar bestee, 1,2 miljoen op spyseniering, 394 000 dollar op inligting, 259 000 dollar vir logistiek, 148 000 dollar vir vermaak en 32 000 dollar vir protokol. Die geleentheid is uiters swak bygewoon en 20 000 middagete-pakkies is geskenk om te verhoed dat dit bederf. Die kinders wat by die stadion as lede van die publiek was, kon ook nie die stadion verlaat nie omdat hekke gesluit is toe die herdenking afskop.
Leave a Reply