Help ons om Soedan te help: WGO
Die Wêreld Gesondheid Organisasie doen ‘n oproep op sy vennote en die wêreldgemeenskap om saam te staan, om gesondheid en hoop te herstel vir Soedan se mense. Duisende Soedanese word aan die risiko van cholera blootgestel namate geweld in die Al Gezira-staat eskaleer. Toegang tot gesondheids- en ander basiese dienste is ontwrig sedert die eskalasie van geweld op 15 Desember. Verskeie gesondheidsorg-fasiliteite in Wad Madani het onder aanvalle deurgeloop, en die organisasie verifieer tans verslae van die moord op twee gesondheidswerkers in die Roufaa-hospitaal.
Leave a Reply