Henties se munisipale skuldvlakke uiters hoog

Home Uncategorized Henties se munisipale skuldvlakke uiters hoog
Henties se munisipale skuldvlakke uiters hoog

Henties se munisipale skuldvlakke uiters hoog

RedForce dagvaar die Hentiesbaai-munisipaliteit vir wat hy beskryf as kontrakbreuk. Hy sê hy is begin 2022 aangestel met die eerste agterstallige rekenings wat in Februarie aan hom oorhandig is. Hy is blykbaar in September en weer in Oktober vanjaar ingelig dat sy kontrak beëindig is. Die maatskappy poog om die besluit ter syde te stel. Maar, wat na vore getree het in sy stukke wek kommer. Hentiesbaai het volgens die jongste sensus net meer as 7 500 inwoners. Daar was 2 124 agterstallige rekenings, langer as 60 dae aan RedForce oorhandig met uitstaande skuld van amper 55 miljoen Namibiese dollar. Net meer as 43 miljoen dollar is ingevorder tot op hede met 1 638 rekenings wat nog agterstallig is. 

source