Hernubare energie in ontwikkelende lande moet ondersteun word
Die Verenigde Nasies se Konferensie oor Handel en Ontwikkeling sê beduidend meer steun is uiters noodsaaklik vir hernubare energie in ontwikkelende lande, as die wêreld sy klimaatdoelwitte teen 2030 wil bereik. Luidens ‘n VN-verslag staar ontwikkelende lande ‘n beleggingstekort van 76,3 triljoen Namibiese dollar in die gesig vir volhoubare ontwikkeling. Die VN Konferensie oor Handel en Ontwikkeling se sekretaris-generaal, Rebeca Grynspan, sê, hoewel beleggings in hernubare energie byna verdriedubbel het sedert die aanvaarding van die Parys-ooreenkoms byna agt jaar gelede, is armer nasies tot dusver grootliks oor die hoof gesien.
Leave a Reply