Hewige kritiek teen Malema se ‘Kill the boer’ wat by saamtrek gesing is
Die DA in die buurland sê hy verwerp onvoorwaardelik die EFF-leier se dreunsing van die frases Shoot to kill en Kill the Boer, kill the farmer die naweek op ‘n saamtrek ter viering van die party se tiende bestaansjaar. Sol Malatsi van die DA sê hy beskou die optrede as totaal onaanvaarbaar en is vas oortuig uitlokking tot geweld het geen plek in die samelewing nie. Hy sê Malema se voortgesette dreunsing van dié rassisties aanhitsende frases stel ‘n gevaarlike presedent wat die land se weg na versoening ondermyn:
Leave a Reply