Hittegolwe in Europa en VSA – miljoene kwesbaar
Die Europese Ruimte-agentskap waarsku dat uiterste hitte van die Sahara temperature tot 48,8 grade Celsius op die Italiaanse eilande Sisilië en Sardinië sal laat styg. Die Wêreld Meteorologiese Organisasie sê klimaatsverandering verhoog die frekwensie van uiterste weer regoor Europa, wat ‘n groot impak op menslike gesondheid, ekosisteme, ekonomieë, landbou, energie en watervoorrade het. ’n Onlangse studie het aan die lig gebring dat verlede jaar 60 000 mense in somerhittegolwe regoor Europa gesterf het. Intussen is 90 miljoen mense in die suidweste van die VSA gemaan om die naweek binnenhuis te bly oor die hittegolf wat temperature tot by 50 grade kan opstoot.
Leave a Reply