HKIA-sage het erge rimpel-effek, veral in piekseisoen – Kosmos 94.1

Home Uncategorized HKIA-sage het erge rimpel-effek, veral in piekseisoen – Kosmos 94.1
HKIA-sage het erge rimpel-effek, veral in piekseisoen – Kosmos 94.1



HKIA-sage het erge rimpel-effek, veral in piekseisoen

Die Namibiese toerisme-sektor is hoogs bekommerd oor die rimpel-effek wat die vrag- en grondhanteringskwessie by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe veroorsaak. Beide Eurowings van Lufthansa en Qatar Airways het skerp gereageer op die Namibiese Lughawensmaatskappy wat die vrag- en grondhanteringskontrak op die nippertjie vanoggend aan Paragon oorhandig en Menzies Aviation uitgeskop het. Verwarring heers onder toeriste oor vlugte wat herlei of vertraag is en dat hulle ander aansluitingsvlugte sal mis. Die Gasvryheidsvereniging van Namibië se uitvoerende hoof, Gitta Paetzold het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê dit veroorsaak erge ontwrigting in die middel van toerisme-piekseisoen.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.