Hoenders bygevoeg op diere-identifikasie regulasies
Die landbouminister Calle Schlettwein het hoenders bygevoeg tot die lys van voorgeskrewe diere onder die land se regulasies vir diere-identifikasie. Varke is ook gelys, saam met bees, skape en bokke. Die nuwe regulasies is reeds in die staatskoerant gepubliseer. Dit beteken dat sou hoenders vervoer word, is ‘n permit vanaf die staatsveearts nodig. Schlettwein het onlangs aangekondig dat regulasies in verband met hoenders aangepas sal word, so ook vir varke.
Leave a Reply