Ekonoom: Hoër repokoers gaan pynlik wees
‘n Suid-Afrikaanse ekonoom het sy voorspelling gegee vir die jongste terugkoopkoers wat die Suid-Afrikaanse Reserwebank Donderdag sal aankondig. Op die oomblik is die koers op 8,25 persent en daar is verwagtinge dat dit moontlik weer kan verhoog word. Namibië se repokoers is tans op 7,75 persent en die volgende aankondiging word in Augustus verwag. Die sentrale bank moet die koers so na as moontlik aan Suid-Afrika s’n hou omdat die Namibiese dollar aan die Suid-Afrikaanse rand gekoppel is. Die ekonoom Chris Hart het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…
Leave a Reply