Hoërhof-tender vir 3 000 meubelstukke laat vrae ontstaan
Die Tender Bulletin berig dat die ministerie van justisie ‘n tender vir amper 3 000 stukke meubels op sy webtuiste geadverteer het. Die publikasie sê die tender is vir 6 Julie gedateer maar is op 10 Julie eers gevind met die sluitingsdatum op 25 Julie. Dit vra kwotasies aan wat volgens die Bulletin foutief is omdat die tipe tender alleenlik toegelaat word vir goedere onder 2 miljoen Namibiese dollar. Die tender vra vir 2 938 stukke meubels vir die nuwe hoërhof en dit sluit honderde boekrakke, kabinette, lessenaars, leerstoele, kombuiseenhede, meubels vir raadsale, tafels en meer, in. Die Tender Bulletin sê die kontaknommer vir navrae in verband met die kwotasies het onbeantwoord gegaan en dit is nie bekend wat geword het van die ou meubels in die hofgebou nie.
Leave a Reply