Hoevember skep veilige ruimte vir vroue, LGBTQ+-gemeenskap
Hoevember, saamgestel deur die bekroonde kunstenaar La-Toya Mwoombola, beter bekend as Lioness, is ‘n jaarlikse geleentheid wat daarop gemik is om die veiligheid van vroue en die LGBTQI+-gemeenskap in Namibië te vereer. Die dag is geskep om vroue en die gemeenskap ‘n wêreldklas ervaring van lewendige vermaak, mode en kos te gee. Die vierde uitgawe vind eerskomende Saterdag by Palm Tree Park in die hoofstad plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met Lioness gepraat oor die belangrikheid van die geleentheid. Sy verduidelik dat dit ‘n veilige ruimte vir vroue en lede van die LGBTQ+-gemeenskap wil skep.
Leave a Reply