Hofsaak ontbloot weer SME Bank-wanbestuur – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Hofsaak ontbloot weer SME Bank-wanbestuur – Kosmos 94.1
Hofsaak ontbloot weer SME Bank-wanbestuur – Kosmos 94.1



Hofsaak ontbloot weer SME Bank-wanbestuur

Die wanbestuur by die nou bankrot SME Bank is weer blootgelê in ‘n hofsaak waar die likwidateurs amper 926 000 dollar by Genius Educational Software en Paulus Iipinge eis. Volgens die stukke, is die maatskappy op 21 Julie 2016, 900 000 Namibiese dollar geleen wat in totaal betaalbaar was ‘n jaar later, op 31 Julie 2017. Blykbaar is nie ‘n sent ooit betaal nie. Die bank is finaal gelikwideer op 29 November van daardie jaar. Daar is talle sulke sake voor die hof waar geld geleen is en nie ‘n sent ooit betaal is nie, sonder enige tussentye stappe wat ingevolge die wet geneem moes word. Rondom 200 miljoen Namibiese dollar word van die bank vermis. Die saak sal vandag voor regter George Coleman voorkom vir verhoor. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.