Hoop op Gasa wapenstilstand
Pogings om ‘n ooreenkoms oor ‘n wapenstilstand tussen Israel en Hamas in Gasa te bewerkstellig, duur voort. Israel se intelligensie-agentskap Mossad sê, dis ten spyte daarvan dat die hoop op ‘n wapenstilstand tydens die Moslem-heilige maand Ramadan verduister.
Mossad-hoof, David Barnea, het met sy Amerikaanse eweknie, CIA-direkteur William Burns, vergader om ‘n ooreenkoms te bevorder wat sal verseker dat gyselaars vrygelaat word.
Leave a Reply