Hou op vrouens aanrand: oud-ombudsman
Die Namibiese polisie sê sy gedrag-direktoraat is besig om die saak van beweerde aanranding van ‘n swanger vrou deur haar kêrel, Valentino Endjala, te ondersoek. Nampol woordvoerder Adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi sê Endjala is ‘n polisie-reservis en hoewel daar nog nie ‘n kriminele saak oopgemaak is nie, word hy ondersoek in terme van die polisiewet. Dit kom na ‘n video verskyn het waarin Endjala sy swanger meisie aanrand. Sover het dit aan die lig gekom dat Endjala met haar wou praat nadat hy uitgevind het ‘n ander man het haar om haar hand gevra, maar ‘n ander persoon het ingemeng en ‘n geruk-en-pluk het plaasgevind. Kosmos 94.1 Nuus het met oud-ombudsman, advokaat John Walters gepraat wat op die video gereageer het, veral omdat dit wys hoe mans in die agtergrond net toekyk terwyl die aanranding plaasvind.
Leave a Reply