Iata skryf aan NAC oor grond-, vraghantering – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Iata skryf aan NAC oor grond-, vraghantering – Kosmos 94.1
Iata skryf aan NAC oor grond-, vraghantering – Kosmos 94.1



Iata skryf aan NAC oor grond-, vraghantering

Elizabeth Viljoen, van die regsfirma Viljoen, Viljoen en Vennote het in ‘n epos aan die media namens Menzies Aviation, ‘n skrywe, wat sy meen van die Internasionale Lugvervoer-vereniging, Iata, aan die Namibiese Lughawensmaatskappy gestuur is, gedeel. Die skrywe maak melding van kommer deur rederye oor die grond- en vraghantering by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe. Deel van die kommer is dat daar net een hanteerder by die lughawe werksaam is en dat dit moontlik ‘n monopolie kan veroorsaak. Daar word ook melding gemaak van ‘n verhoging in tariewe, wat hoër is as internasionale standaarde soos deur ICAO daargestel. Die oorhandiging van die grondhanteringsdienste het ook volgens die skrywe gelei na vertragings en ander uitdagings. Iata vra vir gereelde opdaterings oor die stand van sake.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.