Ierland verwag klipharde stryd teen All Blacks
Ierland se hoofafrigter, Andy Farrell, het ʼn onveranderde opdrafspan aangewys vir Saterdag se Wêreldbeker-kwarteindstryd teen die All Blacks op die Stade de France in Parys. Wêreld nommer een, Ierland, het reeds 17 wedstryde agtereenvolgens gewen en hulle gaan probeer om die eerste keer die halfeindstryd van die Wêreldbekertoernooi te haal. Kaptein Johnny Sexton verwag ʼn klipharde stryd teen die driemalige kampioen.
Leave a Reply