‘Indiana Jones’ kunsspeurder kry gesteelde Van Gogh terug
‘n Nederlandse kunsspeurder het ‘n Vincent van Gogh-skildery teruggevind wat tydens ‘n gewaagde middernagtelike rooftog, tydens die koronavirus-inperking drie-en-‘n-half jaar gelede, uit ‘n museum gesteel is. Die polisie het gesê Arthur Brand het Maandag by sy huis in Amsterdam besit geneem van die skildery, die 1884 “Parsonage Garden at Nuenen in Spring”, ter waarde van minstens 60 miljoen Namibiese dollar. Brand is die ‘Indiana Jones van die kunswêreld’ gedoop omdat hy ‘n reeks hoë-profiel verlore kunswerke opgespoor het. Brand sê dat gereelde oproepe deur hom en die Nederlandse polisie om die gesteelde kunswerk terug te gee uiteindelik vrugte afgewerp het toe ‘n man, wie se identiteit nie bekend gemaak is nie vir sy eie veiligheid, die skildery aan Brand in ‘n blou Ikea-sak, bedek met borrelplastiek, oorhandig het. Dit was in ‘n kussingsloop gestop.
Leave a Reply