Indië lyk onstuitbaar in Wêreldbekertoernooi
Net vier spanne bly oor in die Wêreldbekertoernooi, met die halfeindronde wat Woensdag begin. Die gasheer, Indië, is die enigste span wat die groepwedstryde onoorwonne kon afsluit en hulle kom in die eerste halfeindstryd in Mumbai teen Nieu-Seeland te staan. Die Swart Pette was vierde op die punteleer. Donderdag is dit die twee spanne wat in die tweede en derde plek geëindig het – Suid-Afrika en Australië − wat sal meeding om ʼn plek in Sondag se eindstryd. Indië se veldwerkafrigter, T Dilip, glo hulle het momentum aan hulle kant.
Leave a Reply