Indië verneder Proteas in T20 meesterklas
Krieket: ‘n Meesterklas gisteraand deur Indië se top drie kolwers op die Wanderers in Johannesburg het gesorg dat die besoekers in hulle beurt ‘n totaal van 283 vir een aangeteken het, voor hulle Suid-Afrika vir ‘n skamele 148 lopies uitgeboul het. Die 135-lopie sege in die vierde en laaste T20 was Suid-Afrika se grootste pak slae ooit in internasionale T20-wedstryde. Die besoekers het die reeks 3-1 gewen na oorwinnings van onderskeidelik 61 lopies en 11 lopies in die eerste en derde wedstryde in Durban en Centurion, terwyl die gashere in Gqeberha met drie paaltjies gewen het.