Indiese premier sal streng optree ná bendeverkragting
Die Indiese premier Narendra Modi het beloof daar sal streng opgetree word teen diegene wat twee vroue van die minderheid Kuki-stam in Manipur mishandel het. Volgens The Guardian het beeldmateriaal na vore gekom van die vroue wat met geweld ontklee word deur ‘n bende van die meerderheid Meitei-stam. Hulle is toe na ‘n veld gesleep, waar hulle na bewering herhaaldelik deur die bende verkrag is. Vier mense is in hegtenis geneem. Modi sê Indië se naam is deur die modder gesleep deur die voorval en die skuldiges sal gestraf word.
Leave a Reply