Inflasie daal effe in Desember
Die inflasie-syfers vir Desember is bekend. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap het die syfer 5,3 persent vir die maand gemeet, af van 5,7 persent in November en 6,9 persent wat in 2022 in Desember aangemeld is. Die noordelike dele van die land, bekend as sone 1, het die hoogste inflasie aangemeld teen 5,9 persent terwyl Khomas, sone 2, 5 persent aangeteken het en die suide saam met Erongo en Omaheke, sone 3, 4,9 persent. Heuning was duurste in Khomas teen net meer as 107 Namibiese dollar en goedkoopste in die noordelike dele ten 82 dollar 75 sent. Kookolie was ook die duurste in Khomas en die goedkoopste in sone 3.
Leave a Reply