Informele ekonomie moet dringend gereguleer word
Baie landelike Namibiërs het nie toegang tot onderwys of opleiding nie, wat dit vir hulle moeilik maak om formele werk te kry of formele besighede te stig. ‘n Werkswinkel deur die handelsministerie, die arbeidministerie en die Bank van Namibië, het bevind dat Namibië se hoë vlak van informele indiensneming ‘n beduidende impak het op mense, besighede en die land se ekonomie en maatskaplike ontwikkeling. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging Tim Parkhouse gepraat, wat sê die nypende kwessie is ‘n gebrek aan regulasies in die informele ekonomie.
Leave a Reply